- Vind beskikbare eindomme en bespreek aanlyn.
- Verander you Persoonlike en eiendom inligting.
- Kyk na jou PRC-punte, Lidmaatskap-status, ens.
Wagwoord
Lede se eiendomme
Beskikbaarheidsoektog
Kliek hier vir 'n demo
Demo
FAQ - Mees algemene vrae
- Kliek op die relevante lukrake lys vrae en die antwoord sal onderaan elke vraag verskyn, verhelder in blou. Kliek weer en die antwoord verdwyn.
- Ons wil graag van jou hoor, veral as daar 'n vraag is wat nie hier verskyn nie. Stuur dit aan ons deur gebruik te maak van die Kontak ons-vorm.
- V1 Ek besit 'n vakansiehuis, ten volle gemeubileer en toegerus. Mag ek ook lid van die i.Book-PRC Private Residence Club word?
-
A1 Ja, maar onderhewig aan die volgende voorwaardes:
- Indien 'n geakkrediteerde gasvryheids-/eiendomsbestuursmaat-skappy jou eiendom bestuur, en/of;
- as 'n eienaar-bestuurder, indien jy jou eiendom laat stergradeer het by die relevante toerismeraad en/of AA-akkreditasie verkry het en die eiendom gekontrakteer is vir skoonmaakdienste.
-
- V2 Indien ek my hoeveelheid kamers of die hele eenheid vir 'n aantal weke in die i.Book-PRC Private Residence Club AKKOMMODASIEPOEL voeg, wanneer is hierdie weke beskikbaar vir ander lede en wanneer mag ek ander lede se ontspanningseiendom bespreek?
- A2 Dit is beskikbaar as volg:
vir jou en ander lede deur die loop van die kalenderjaar, vanaf die dag wat jy as lid aansluit, op 'n eerste bespreek, eerste geholpe-basis en onderhewig aan die i.Book-PRC Private Residence Club besprekingsreëls en -regulasies. - Neem kennis dat nie-lede, as betalende kliënte, vir inkomste-generende ontspanningseiendomme ook kan bespreek op 'n eerste bespreek, eerste geholpe-basis.
- Hoe verder vooruit jy bespreek, hoe groter die keuses wat jy sal kan oorweeg.
- A2 Dit is beskikbaar as volg:
- V3 Wat kos lidmaatskap?
- A3 Daar is 'n eenmalige registrasiefooi en 'n maandelikse lidmaatskapfooi.
Kliek hier om die fooie te besigtig om lid van i.Book-PRC Private Residence Club te word en die voordele van wêreldwye GRATIS AKKOMMODASIE te kan geniet.
- A3 Daar is 'n eenmalige registrasiefooi en 'n maandelikse lidmaatskapfooi.
- V4 As ek 'n vakansiehuis besit en ek is 'n lid van die i.Book-PRC Private Residence Club, is dit nodig om my eie vakansiehuis te bespreek?
- A4 Ja, jy moet gebruik maak van die i.Book-PRC Private Residence Club aanlyn besprekingsmasjien om jou eie vakansiehuis te bespreek.
- V5 As ek mede-eienaar van 'n vakansiehuis op 'n fraksionele basis is, moet ek dan my eie fraksionele eenheid bespreek as lid van i.Book-PRC Private Residence Club?
- A5 Ja, jy moet gebruik maak van die i.Book-PRC Private Residence Club aanlyn besprekingsgids om jou eie fraksionele eenheid te bespreek.
- V6 Mag lede besprekings doen in verskillende kategorieë van ontspanningseiendomme, eenhede op vaartskepe, seiljagte en huisbote?
- A6 A6 Ja, hulle mag, op voorwaarde dat hulle daardie keuse gemerk het op die gedetailleerde invoervorm. Wees egter bewus van die volgende:
wanneer jy 'n eenheid bespreek, sal jy PRC-punte verbruik en aftrek relevant tot die eiendom/eenheid wat jy bespreek.
- A6 A6 Ja, hulle mag, op voorwaarde dat hulle daardie keuse gemerk het op die gedetailleerde invoervorm. Wees egter bewus van die volgende:
- V7 Wat is die verskil tussen gebruiksreg- tyd wat GESKENK is en TOEGEKEN is?
- A7 Die verskil is die volgende:
Gebruiksregtyd wat GESKENK is, is die hoeveelheid weke, gekies deur die ontspanningseiendom-eienaar, om geskenk te word aan die i.Book-PRC AKKOMMODASIEPOEL.
Gebruiksregtyd wat TOEGEKEN is, is hoeveelheid gebruiksregweke, toegeken deur die ontwikkelaar/derdeparty-eiendomsbestuur of hotelbestuurmaatskappy aan die ontspanningseiendom-eienaar of mede-eienaar/fraksionele eienaar.
- A7 Die verskil is die volgende:
- V8 Ek gebruik reeds 'n ander aanlyn besprekingsgids. As ek lid word van die i.Book-PRC Private Residence Club, moet ek ook die i.Book-PRC Private Residence Club-aanlyn besprekingsgids gebruik?
- A8 Ja en Nee.
Ja, wanneer jy 'n ander lid se ontspanningseiendom, eenheid op 'n vaartskip, seiljag of huisboot wil bespreek.
Nee, wanneer nie-lede as betalende kliënte jou ontspanningseiendom (of) eenheid op 'n vaartskip, seiljag of huisboot wil bespreek, mag jy al jou nie-lid besprekings doen deur gebruik te maak van jou geaktiveerde aanlyn besprekingsgids, op dieselfde wyse wat jy dit voorheen gedoen het voordat jy aangesluit het by die i.Book-PRC Private Residence Club as lid.
i.Book-PRC Private Residence Club sal poog om saam met jou aanlyn besprekingsgids-verskaffer die i.Book-PRC Private Residence Club aanlyn besprekingsgids op datum te hou wat betref die beskikbaarheid van jou ontspanningseiendom.
- A8 Ja en Nee.
- V9 Ek maak nie gebruik van 'n ander aanlyn besprekingsgids nie. Is dit nodig dat ek al my inkomende besprekings op die i.Book-PRC Private Residence Club aanlyn besprekingsgids doen?
- A9 Ja.
Alle besprekings deur lede en nie-lede as betalende kliënte moet gedoen word deur gebruik te maak van die i.Book-PRC Private Residence Club se aanlyn besprekingsgids.
Meer detail en verbruikersvriendelike instruksies sal aan daardie lede verskaf word vir besprekings van betalende kliënte wat bel en/of e-posse stuur om navraag te doen oor besprekings by jou eiendom/eenheid.
Dit is absoluut noodsaaklik om ons in staat te stel om 'n opgedateerde beskikbaarheid van jou ontspanningseiendom intyds te hê en om 'n intydse aanlyn besprekingsfasiliteit vir alle lede teverskaf.
- A9 Ja.
- V10 Terwyl ek besig was om 'n beskikbaarheidsoektog vir lede se ontspanningseiendomme; eenhede op vaartskepe, seiljagte en huisbote te doen, het ek 'n ontspanningseiendom gekry wat ek wou bespreek omdat dit beskikbaar was, maar toe ek dit probeer bespreek het, was dit nie meer beskikbaar nie?
- A10 Ja, dit kan gebeur .
Onthou, dit is 'n intydse aanlyn besprekingstelsel, gebaseer op die beginsel dat die persoon wat eerste bespreek, die plek kry.
Indien 'n ander lid enige plek ter wêreld 'n eiendom een sekonde bespreek voordat jy dit kon doen, sal daardie gesogte en verkose ontspanningseiendom nie meer beskikbaar wees teen die tyd dat jy jou versoek insleutel nie.
- A10 Ja, dit kan gebeur .
- V11 Hoe lank vooruit mag ek begin om 'n ontspanningseiendom, 'n eenheid op 'n vaartskip, 'n seiljag of huisboot te bespreek?
- A11 Dit mag 'n maksimum van NEGE maande vooruit geskied.
- V12 Mag ek 'n ontspanningseiendom, 'n eenheid op 'n vaartskip of 'n huisboot op kort kennisgewing bespreek?
- A12 Ja, jy mag. Indien dit beskikbaar is, mag jy dit op die nippertjie bespreek.
- V13 Mag ek as 'n mede-eienaar/fraksionele eienaar self direk aanlyn as 'n lid van die i.Book-PRC Private Residence Club aansluit?
- A13 Nee.
Die derdeparty-eiendomsbestuursmaatskappy moet die organisasie en administrasie van die aansluiting van alle mede-eienaars bestuur, en alle mede-eienaars/fraksionele eienaars in die ontspanningseiendom wat jy mede-besit moet gelyktydig aansluit ten einde die eiendom wat mede-besit word te aanvaar en in te skryf in die i.Book-PRC Private Residence Club AKKOMMODASIEPOEL.
- A13 Nee.
- V14 Wat gebeur wanneer ek my ontspanningseiendom, eenheid op 'n vaartskip, seiljag of huisboot verkoop?
- A14 Wanneer jy jou eenheid/eiendom verkoop:
moet jy die i.Book Private Residence Club verwittig.
Met oordrag van die eenheid/eiendom aan die koper, staak die verkoper se lidmaatskap van die i.Book-PRC Private Residence Club en die koper van die eenheid/eiendom word outomaties 'n lid van die i.Book-PRC Private Residence Club en verwerf die balans van die PRC-punte en die verantwoordelikheid vir die oorblywende dae in die huidige kalenderjaar by die eiendom/eenheid.
- A14 Wanneer jy jou eenheid/eiendom verkoop:
- V15 Wanneer ek 'n lid van die i.Book-PRC Private Residence Club word, mag ek onmiddellik aanlyn besprekings by ander lede se ontspanningseiendomme, eenhede op vaartskepe; seiljagte huisbote doen?
- A15 Ja, jy mag, op voorwaarde dat jy die gedetailleerde eiendom- invoervorm voltooi en opdateer en dat jou maandelikse lidmaatskapfooie op datum is.
- V16 As ek 'n bespreking kanselleer, verloor ek die PRC-punte wat ek gebruik het om vir my bespreking te betaal?
- A16 Nee, jy sal nie.
Enige kansellasie van tyd wat bespreek is by 'n eenheid sal egter deur die eienaar van die eenheid waar jy bespreek het, beskou word as 'n gewone kansellasie, en indien toepaslik, sal 'n rekening gehef word teen die lid wat die bespreking gekanselleer het,onderhewig aan die heersende voorwaardes vir kansellasie.
Kansellasiefooie wat verskuldig is, mag nie betaal word met PRC-punte nie, maar sal verskuldig wees aan die eienaar van die eiendom/eenheid waar jy die bespreking gekanselleer het en is betaalbaar in die geldeenheid wat aanvaar word deur die lid waar jy die bespreking gekanselleer het. (Ons beveel aan dat jy reisversekering uitneem om kansellasiekoste te dek.)
- A16 Nee, jy sal nie.
- V17 Gedurende my lidmaatskap-kalenderjaar het ek 'n tekort aan PRC-punte om my verlangde bespreking aanlyn te doen. Wat is my opsies?
- A17 Jy het 2 opsies
Die lid sal PRC-punte mag leen tydens die toekenning van PRC-punte vir die lidmaatskap van die daaropvolgende jaar, op voorwaarde dat die lid instem om die ooreenkoms van die periode van die lidmaatskap uit te brei om die PRC-punte wat geleen is, te dek en om die volle lidmaatskapfooi jaarliks vooruit te betaal vir die jaar waarin PRC-punte geleen word.
Alternatiewelik sou jy die tekort kon aanvul deur die eienaar van die eiendom/eenheid waar jy bespreek het met jou kredietkaart te betaal.
- A17 Jy het 2 opsies
- V18 In die lidmaatskap-kalenderjaar gaan ek nie met vakansie nie. Verloor ek my PRC-punte?
- A18 Nee, jy verloor nie jou PRC-punte nie.
Ongebruikte PRC-punte kan na die volgende kalenderjaar oorgedra word om jou in staat te stel om PRC-punte te bespaar in een kalenderjaar vir toekomstige gebruik.
- A18 Nee, jy verloor nie jou PRC-punte nie.
- V19 Wat is PRC-punte?
- A19 PRC-punte (Private Residence Club Besprekingspunte)
Hierdie word toegeken aan elke eienaar en/of mede-eienaar van 'n ontspanningseiendom en aan die eienaar en/of mede-eienaar van eenhede op vaartskepe, seiljagte en huisbote deur i.Book-PRC Private Residence Club, om gebruik te word as betaalmiddel vir bespreekte akkommodasie en om toegang tot en bespreking by die i.Book-PRC Private Residence Club-lede se eenhede te reguleer.
- A19 PRC-punte (Private Residence Club Besprekingspunte)
- V20 Hoe word PRC-punte bereken, uitgereik en gemonitor?
- A20 Vir meer inligting rakende PRC-punte, kliek hier.
- V21 Wat van ander tale?
- A21 Die webtuiste en inligting oor lede se eiendom sal beskikbaar gestel word in 11 of meer tale, om die lid in staat te stel om oorsese lede se eiendombesonderhede te besigtig en te verstaan in sy/haar eie taal.
- V22 Ek wil in verskillende liggings en/of verskillende lande plek bespreek gedurende my reisplan. Mag ek dit doen?
- A22 Ja, jy mag. Die stelsel maak hiervoor voorsiening.
- V23 Sal dag-tot-dag besprekings by verskillende lede se eiendomme aangebied word?
- A23 Party ontspanningseiendom-eienaars en/of hul derdeparty-bestuursmaatksappye kan dalk reëls onderhewig aan besprekings vir 'n minimum tydperk hê.
Indien dit die geval is, sal die i.Book-PRC Private Residence Club hierdie beslissings op die lede se eiendom-webbladsy op ons webtuiste vertoon, vir besigting deur ander lede tydens soektogte vir beskikbare eiendom voordat besprekings gemaak kan word.
- A23 Party ontspanningseiendom-eienaars en/of hul derdeparty-bestuursmaatksappye kan dalk reëls onderhewig aan besprekings vir 'n minimum tydperk hê.
- V24 Ek het nie stergradering of AA-akkreditasie nie. Hoe bekom ek dit?
- A24 Ons kan jou bystaan om toepaslike inligting oor sulke organisasies te bekom.
Kliek hier om gebruik te maak van die kontak-ons-vorm om vir bystand te vra indien jy sulke organisasies soek om stergradering en/of AA-akkreditasie in jou land/staat/streek te laat doen.
- A24 Ons kan jou bystaan om toepaslike inligting oor sulke organisasies te bekom.
- V25 My gasvryheids-/ontspanningseiendom is my hoofinkomste en ek benodig besprekings gedurende piekseisoen om my besigheid volhoubaar te maak. Mag ek ander lede gedurende die piekseisoen toegang verhinder om GRATIS AKKOMMODASIE by my gasvryheids-/ontspanningseiendom te kry?
- A25 Ja, jy mag.
- Dit sal egter beteken dat jy self ook uitgesluit sal word gedurende die tydperk wat jy bespreking van jou ontspanningseiendom geblokkeer het. Gevolglik sal jy ook nie plek kan bespreek by enige ander ontspanningseiendom, vaartskepe en huisbote van ander lede in die wêreld gedurende die geblokkeerde tydperke nie.
Dit sal egter die meeste van die lede in hierdie kategorie pas, aangesien die meeste van die lede in hierdie kategorie hul eie ontspanningseiendomme bestuur en hulle hul vakansies gedurende die buite-seisoen neem.
Suidelike halfrond-lede kan steeds met vakansie gaan na Noordelike halfrond-lede se eiendomme/eenhede en omgekeerd, aangesien piekseisoen in buite-seisoen vir hierdie teenoorgestelde halfrondtes val.
- V26 Wat van breekskade en/of skade aan my eiendom veroorsaak deur besoekende lede en/of hul gaste ?
- A26 Om breekskade en/of skade aan items en/of eiendom te dek wanneer 'n lid by 'n ander lid se ontspanningseiendom, of eenheid op 'n vaartskip, seiljag of huisboot bly, sal die beslissing van die eienaar-bestuurder en/of die derdeparty-bestuursmaatskappy en/of die beheerliggaam en/of die huiseienaarsvereniging by die eiendom/eenheid waar die lid bespreek en gebly het, van toepassing wees .
- V27 Ek het nie stergradering of AA-akkreditasie nie en my eiendom/eenheid word bestuur deur 'n derdeparty-bestuursmaatskappy. Hoe sal my eiendom/eenheid gegradeer word ?
- A27 Jou eiendom/eenheid sal as volg gegradeer word:
Jou ontspanningseiendom sal aanvanklik deur die i.Book-PRC Private Residence Club gegradeer word gegrond op die eiendom/eenheid se gedetailleerde inligting soos aanlyn versoek en ontvang via die veilige aanmeldafdeling van die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste.
Vervolgens sal die i.Book-PRC Private Residence Club terugvoer kry van ander lede wat gebruik gemaak het van hierdie eiendomme en die terugvoering wat ontvang is, sal geëvalueer word. Die i.Book-PRC Private Residence Club sal dan met die lid kommunikeer indien 'n aanpassing in die gradering van die lid se eiendom oorweeg word deur die i.Book-PRC Private Residence Club, voordat dit gedoen word.
Die i.Book-PRC Private Residence Club beveel egter aan dat jy jou eiendom/eenheid laat stergradeer en/of akkrediteer deur die AA. Vir meer inligting hieroor, kliek hier.
- A27 Jou eiendom/eenheid sal as volg gegradeer word:
- V28 As 'n derdeparty-bestuursmaatskappy my eiendom bestuur, sal hierdie funksie deur die i.Book-PRC Private Residence Club oorgeneem word wanneer ek as lid registreer ?
- A28 Nee.
Toegangsbeheer, instandhouding en administrasie van die lid se ontspanningseiendom, deur 'n derdeparty-bestuursmaatskappy bestuur, bly jou gekontrakteerde derdeparty-bestuursmaatskappy se verantwoordelikheid, soos per jou ooreenkoms met die bestuursmaatskappy.
Die derdeparty-bestuursmaatskappy moet in die plek van die lid wat aangesluit het, voldoen aan die i.Book-PRC Private Residence Club besprekingsreëls en -regulasies.
- A28 Nee.
- V29 Hoe sal my eiendom op die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste vertoon word?
- A29 Alle ontspanningseiendomme en/of eenhede op vaartskape, seiljagte en huisbote van lede van die i.Book-PRC Private Residence Club sal gelys word en kan op die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste in 11 of meer tale besigtig word.
Met die vertoon van omvattende inligting oor die eiendom/eenheid, die geriewe in en om die eiendom/projek/oord, sal lede in staat gestel word om die regte eiendom of vaartskip, seiljag of huisboot vir die bespreking van hul vakansie, sakereis of ontspanningstyd te kies.
Gedurende die aanvanklike voorvrystelling en finale ontwikkelingsfase van ons dienste, vertoon ons enkele voorbeelde op ons webtuiste. Gebruik asb die DEMO-knoppie links om hierdie voorbeelde te ondersoek, of kliek hier om nou daarna te kyk.
Hierdie voorbeelde sal binnekort vervang word met werklike eiendomme/eenhede, aanlyn uitgebeeld, wat gedurende die voorbekendstellingsfase geregistreer het.
- A29 Alle ontspanningseiendomme en/of eenhede op vaartskape, seiljagte en huisbote van lede van die i.Book-PRC Private Residence Club sal gelys word en kan op die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste in 11 of meer tale besigtig word.
- V30 Hoe soek ek vir die beskikbaarheid van lede se eiendomme, eenhede op vaartskepe, seiljagte en huisbote?
- A30 Jy sal via die veilige aanmeldafdeling op die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste mag soek.
Jy kan jou soektog uitvoer op enkele of veelvuldige soektog-voorwaardes soos:
Land
Staat/provinsie/streek
Stad
Tipe bate
Tipe ligging
Tipe eenheid
Tipe gebruiksreg
Tipe gasvryheidseiendom
Hoeveel kamers
Hoeveel badkamers
Stergradering en/of AA-akkreditasie en/of die i.Book-PRC Private Residence Club-klassifikasie
Lugreëling in die eiendom/eenheid
Swembad
en andere.
- A30 Jy sal via die veilige aanmeldafdeling op die i.Book-PRC Private Residence Club-webtuiste mag soek.
- V31 Wat is die duur van die lidmaatskapsooreenkoms?
- A31 Die lidmaatskapooreenkoms is vir 'n tydperk van EEN kalender- jaar vanaf die dag wat jy die registrasieproses voltooi het, en dit kan vir EEN kalenderjaar jaarliks hernu word.
- V32 Ons wag hier vir vrae wat nog nie geantwoord is nie?
Besigtig hier aanvanklike voorbeelde van hoe ons
Private Residence Club-lede se eiendomme vertoon sal word:
- Kliek hier
Om te sien hoe die opsommende kortlysting van gasvryheids-/ontspanningseiendomme as 'n uitvloeisel van die gasvryheids-/ontspanningseiendom beskikbaarheidsoektog vertoon sal word.
- Kliek hier
Om te sien hoe die volledige gasvryheids-/ontspanningseiendomme se besonderhede sal vertoon.
Ook toeganklik vanaf die gasvryheids-/ontspanningseiendomme opsommende kortlysting.
Om die webtuiste te navigeer
Tuisblad Afslag – pryse wat gewen kan word – maandelikse nuusbrief - lidmaatskapregistrasie
Stuur 'n e-pos aan 'n ander gasvryheids-/ontspanningseiendom-eienaar
Hoe werk die PRC
Eienaarbestuurde Derdeparty-bestuurde Huurpoel-bestuurde sisteme Vakansiehuise
Beweeg die merker oor die eiendomskategorie om gedetailleerde eiendomslyste te besigtig
Hoe om lid te word van i.Book-PRC Ons teenwoordigheid in jou land/staat/provinsie
Wenke oor hoe om jou reisonkostes te verhaal Intydse aanlynbespreking
PRC-lidmaatskapsfooie Verminderde lidmaatskapsfooie vir mede-eienaars/fraksionele eienaars
FAQ Mees algemene vrae PRC Punte
Oor i.Book-PRC Kontak ons
Stergradering / AA akkreditasie / Derdeparty-bestuursmaatskappye
Nuttige skakels
Soektog na beskikbare ontspanningseiendomme DEMO
DEMO eiendomslys DEMO besonderhede van eiendomme
Besprekingsreëls en -regulasies
i.Share-Own ontspanningseiendom
